Goodwood tronk “gesluit”

Die Goodwood gevangenis is tydelik gesluit nadat twee bewaarders aangeval en met messe gesteek is.

Die een bewaarder is verskeie kere met ‘n mes gesteek en ‘n tweede bewaarder wat hom probeer help het is ook gewond.

Beide is na behandeling ontslaan en SAPD is op die toneel om te help om gevaarlike wapens te vind by die gevangenes.