Geheueverlies in die parlement

Fikile Majola, die voorsitter van die energie portefeulje komitee, het gesê dat hy nie bewus is daarvan dat die kontroversiële kernkrag projek van die baan is nie.

Dit ten spyte daarvan dat Cyril Ramaphosa in Januarie in Switserland verklaar het dat die program van die tafel is en verklarings daarna deur Malusi Gigaba en Nhlanhla Nene dat die projek onbekostigbaar is.

Die “nuwe” minister van energie, Jeff Radebe, sal in die week van 17 April voor die parlementêre komitee verskyn om lig te werp op die “onduidelikheid”.