Franse sjarme om Trump te oorreed

Die besoek van die ongewilde Franse president, Emmanuel Macron, in die Wit Huis, is bedoel om met tipiese Franse sjarme die Amerikaanse president te oortuig om sy beleid te verander.

President Donald Trump is een van die min staatshoofde in die politieke arena wat Macron as vriend beskou alhoewel hulle polities van mekaar verskil.

Ingeligte bronne is van mening dat die Franse president met sy besoek gepoog het om Amerika te laat afsien van sy benadering oor vrye handelsooreenkomste, en het waarskynlik ook gepoog om president Trump te laat afsien van sy beoogde planne om die kernwapen verdrag met Iran te wysig.

Dit is bekend dat president Donald Trump nie gewild is onder Franse politici nie, maar die twee staatshoofde het wel ’n goeie verstandhouding wat daartoe kan lei dat Macron se oorreding mag slaag.

Ontleders meen dit is president Macron se hoofdoel om Trump te oorreed, hy Frankryk weer op die voorgrond kan plaas as bemiddelaar en invloedryke Europese staat.

In die jongste verwikkeling het die Franse president egter erken dat hy nie vir president Trump kon oorreed nie.