Franse polisie ondervra miljardêr

Die man wat meer as 50% van Afrika se industrieë beheer, word tans deur die polisie aangehou en ondervra oor sy moontlike betrokkenheid by korrupsie.

Die Fransman Vincent Bolloré, wat ook die verteenwoordiger is van “Francafrique” word deur die polisie in Parys ondervra oor sy betrokkenheid in 41 van die 54 lande in Afrika.

In die 41 lande behoort die meeste van die industrieë aan hom, en beheer hy ’n groot deel van elke land se ekonomie wat klaarblyklik nou ondersoek gaan word.

Dit is nie net olie en groot mynbou instansies wat onder sy beheer is nie, maar hy besit ook spoorlyne wat uitvoerhawens met die binneland verbind.

Gedurende die afgelope aantal jare het hy ook die drukkers media in sekere lande begin beheer, nadat hy groot plantasies bekom het, en word beskou as die mees invloedryke persoon in baie Afrika lande.

Die Fransman besit nie minder nie as 28 000 maatskappye wat meestal sy naam dra, en wat gekoppel word aan die “Francafrique” in Frankryk.

Dit blyk noudat die polisie hom ondervra oor sy betrokkenheid by verkiesings in sekere Afrika lande, en bewerings dat hy die toue trek om ’n wenner te bepaal wat hom goedgesind is.

Foto – Vincent Bolloré