EU kap weer na Hongarye

Die Europese Unie het skerp kritiek uitgespreek teen die regering van Hongarye wat na bewering nie na behore omsien na die belange van onwettige immigrante se kinders op sy grensgebied nie.

Hongarye word daarvan beskuldig dat hy nie volgens die Europese Unie se voorskrifte handel nie, maar die konserwatiewe regering van Hongarye het die aantygings verwerp.

Ondersoekers wat die terrein besoek het, sê in ’n verslag dat die kinders nie behoorlik versorg is nie en dat hulle omring is met doringdraad heinings wat hulle beweegruimte beperk.

Hulle word ook opgepas deur gewapende beamptes wat die sogenaamde vlugtelingekamp patrolleer

Die Raad van Europa sê in ’n verslag dat die kinders ook dikwels seksuele gunsies moet toelaat terwyl gewag word om Hongarye binne te gaan.

Die minister van binnelandse sake het skerp gereageer en gesê die Europese Raad se verslag is vol leuens en die kamp is nie omring met doringdraad nie, want die inwoners kan vanaf die landsgrens terug beweeg na Sirië as hulle dit sou verkies.