Eskom en Transnet ondersoek

Cyril Ramaphosa het die Spesiale Ondersoek Eenheid opdrag gegee om bewerings van wanadministrasie te ondersoek by Eskom en Transnet.

Eskom se R1,6 miljard kontrak wat deur McKinsey beding is vir Trillian (Gupta beheerd) en Transnet se R54 miljard kontrak om lokomotiewe aan te koop, sal onder die soeklig kom.

Waarnemers is bevrees dat dit te min te laat is.

Beide Zuma en die Guptas asook al die hoofuitvoerende beamptes en die betrokke ministers beweer dat hulle niks verkeerd gedoen het nie.

Die vraag is dus of die skuldiges vervolg gaan word en of daar gepoog gaan word om fondse te herwin?

Ontleders sê ‘n korrupte staatsdiens sal nie in Ramaphosa se tyd skoongemaak kan word nie, veral as van die korrupte ministers saam met hom om die vleispotte in die Uniegebou sit nie.