Duitsland ontvang duisende immigrante

Die koalisieregering van kanselier Angela Merkel het goedkeuring gegee dat 10 000 sogenaamde vlugtelinge uit Afrika en die Midde-Ooste in Duitsland mag aanbly.

Intussen is Duitsland verplig om grensbeheer toe te pas op die grens met Oostenryk vir minstens die volgende ses maande aangesien Oostenryk dit moeiliker maak vir onwettige immigrante in sy land.

Die Europese Unie se woordvoerder sê Duitsland sal 10 000 mense uit Noord-Afrika en die Midde-Ooste huisves, en het bygevoeg dat Berlyn bevestig het dat hy die onwettige immigrante sal aanvaar.

Duitsland het hom ook bereid verklaar om ’n belangrike rol te vervul in die EU se immigrasie program vir die toekoms, veral in die lig dat die EU reeds toestemming gegee het dat ’n verdere 50 000 onwettige immigrante wat as sogenaamde vlugtelinge gesien word, in 2019 gehuisves gaan word.