Duitsland koop hommeltuie van Amerika

Duitsland het ’n bestelling by Amerika geplaas vir die lewering van vier hommeltuie  wat die land in staat stel om enige vyandelike elemente uit die lug op te spoor.

Die VSA se Departement Verdediging het die transaksie wat nagenoeg $2,5 miljard beloop vir die vier vaartuie, verlede Vrydag goedgekeur.

Die transaksie sluit ook die lewering van vier MQ-4C Triton Vliegtuig sisteme in en ’n hoof kontrole stelsel met bykomende toerusting wat dit ’n uiters gesofistikeerde stelsel maak.

Die hommeltuie word vervaardig deur ’n Amerikaanse militêre kontrakteur, Northrop Grumman Corp and Airbus Defense and Space wat die vervaardiging vir die Amerikaanse weermag doen.

Die vliegtuie sal egter spesiaal toegerus word met uiters gesofistikeerde toerusting wat deur Duitsland vervaardig is wat insluit ’n gesofistikeerde moniteringstelsel.