Duitsland en Meksiko open reuse expo

Duitsland se Bondskanselier Angela Merkel en Meksiko se president, Enrique Pena Nieto, het die opening waargeneem van die wêreld se grootste uitstalling van industriële tegnologie wat in Hanover, Duitsland, aangebied is.

Die optrede en vergadering daarna tussen die twee staatshoofde kom as gevolg van beide lande se moeilike handelsbetrekkinge met die Verenigde State van Amerika.

Die handelsuitstalling word deur die Europese Unie aangebied waarna Meksiko uitgenooi is in ’n poging om beide se probleme met Amerika te probeer ondervang.

Die Europese Unie is genoodsaak om sy handelsbetrekkinge te verstewig met ander lande om die verlies aan Amerikaanse handel en die uittrede van Brittanje as lidland, te probeer vervang.

Meksiko wil ook probeer om die Noord-Amerikaanse Vrye Handel Ooreenkoms uit te brei na die EU-lande.

President Donald Trump het onlangs gesê Amerika sal weer aansluit by die Vrye Handel Ooreenkoms indien die bepalings daarvan hersien kan word.

Foto – Angela Merkel en Enrique Pena Nieto