Duitse president besoek VSA, nie Trump

President Frank-Walter Steinmeier van Duitsland sal ’n besoek bring in die Verenigde State van Amerika, maar sal beslis nie aandoen by die Amerikaanse president nie.

Die Duitser sal vir ’n aantal dae in Amerika wees gedurende Juniemaand om die Thomas Mann House se opening by te woon in Los Angeles.

Die huis wat deur die skrywer Thomas Mann bewoon is saam met sy gesin, is in 2016 deur die regering van Duitsland gekoop om die plek te bewaar en te voorkom dat dit verwaarloos.

Duitsland beplan om die huis sodanig in te rig dat dit gebruik kan word as ’n woonplek vir studente wat daar gaan studeer.

Die Duitse president sal ook die IT vesting en die beroemde Silicon Valley in die suide van San Francisco besoek, maar ’n besoek aan die Amerikaanse Wit Huis word nie beplan nie.

Dit is bekend dat die twee staatshoofde nie ’n liefde vir mekaar het nie, en waarskynlik verkies om uit mekaar se pad te bly.

Foto – President Frank-Walter Steinmeier