Dogter van spioen herstel na aanval

Die dogter die voormalige Russiese spioen wat saam met haar vader, Sergei Skripal, vergiftig is, is aan die herstel in ’n hospitaal in Londen.

Yulia Skripal en haar vader is op ’n vreemde manier met chemiese stof vergiftig, en sy het ternouernood die dood vrygespring, maar haar pa is dood aangetref in die Skripals se woonhuis.

Die aanslag wat volgens gerugte uitgevoer is deur Rusland, het gelei tot ’n internasionale krisis en 29 westerse lande het Russiese diplomate teruggestuur uit solidariteit met Brittanje.

In antwoord daarop het Rusland dieselfde aantal diplomate van elke land teruggestuur en herhaaldelik beklemtoon dat Rusland nie vir die moord verantwoordelik is nie.

Politieke ontleders meen die verhouding tussen Westerse lande met Rusland is die swakste wat dit nog was sedert die beëindiging van die Koue Oorlog.

Foto – Yulia Skripal