Dis eSwatini, nie Switserland

Dit is nie meer Swaziland nie, want dit word verwar met die Europese Switserland, en bowendien moet daar nou weggedoen word met die koloniale benaming, aldus die koning van eSwatini

Die land is waarskynlik die enigste in Afrika wat sy koloniale naam behou het nadat onafhanklikheid van Brittanje verkry is, maar linkse politici reken Suid-Afrika het ook nog sy koloniale naam behou na die oorname deur ’n swart meerderheid in 1994 wat deur FW de Klerk oorhandig is ter wille van ’n halwe Nobelprys.

King Mswati III het die verandering van eSwatini aangekondig 50 jaar na onafhanklikheid verkry is, en dit feestelik gevier sonder om die Britse koningshuis na die geleentheid te nooi.

Hy het gesê dat sy land voortaan bekend sal staan as die Koninkryk van eSwatini, want die naam beteken Land van die Swazi.

Die koning met sy 15 vroue het reeds 60 kinders en hulle leef in weelde terwyl die grootste deel van die 1,3 miljoen inwoners in die uiterste armoede leef.