Die land en Winnie

Dit gaan die normale regdenkende Suid Afrikaner se verstand te bowe dat daar so ‘n ophef gemaak kan word oor ‘n persoon wat nie net tronkstraf gekry het nie maar selfs die land se parlement belieg het rondom inkomste verkryging.

Soos reeds gemeld is Winnie Mandela nie net vir ernstige aanranding (op haar eie mense) skuldig bevind nie, maar het sy by verskeie geleenthede die land se wette oortree, dit nogal na 1994.

Nou kan die woordeboeke nie bybly met byvoeglike naamwoorde om haar lof te besing nie.  Van Julius Malema en Ramaphosa tot by Patricia de Lille en Athol Trollip (beide DA burgemeesters) en vele ander.

Verder word sy begrawe onder ‘n amptelike kategorie 1 begrafnis. Dit beteken Jan Publiek gaan die koste van die uitspattige begrafnis betaal, asook die partytjie na die tyd.