Denel besig “om te vou”

Pravin Gordhan het vergader met die direkteure van die wapenvervaardiger Denel.

Denel ervaar ernstige kontantvloei probleme en die staat moes ingryp met ‘n lening van R580 miljoen om te verseker dat personeel en verskaffers betaal kon word.

Vroeg in Maart het Denel se voorsitter, Daniel Mantsha, bedank onder ‘n wolk van beweerde staatskaping.  Hy is sedertdien nog nie vervang nie.

Denel se transaksies met die gebroeders Gupta is een van die hoofredes vir die finansiële wanorde by die entiteit.  Die bedrae wat gesteel, “weggegee” en verduister is word daagliks net hoër.