DA leier vervreem blanke kiesers

Die DA leier, Mmusi Maimane, het waarskynlik talle blanke kiesers van sy party vervreem nadat hy gesê het dat wit bevoorregting en swart armoede aangespreek moet word. Hy het op ‘n sogenaamde Vryheidsdag geleentheid in Pretoria gepraat.

Hy het ook gesê dat sy eie wit vrou “in ‘n bevoorregte gemeenskap” grootgeword het.

“Sy het die voorreg gehad om te weet dat sy eendag universiteit toe sou gaan, dat sy eendag in ‘n huis sou woon, dat sy eendag die bang vir misdaad en moord in gemeenskappe sou wees nie. Dit is wat ek wit bevoorregting noem,” het Maemane gesê.

Hy het gesê as sy party die verkiesing in 2019 wen, sal hulle die land na “betekenisvolle vryheid” lei.

Uit linkse kringe het hy ook die wind van voor gekry toe hy na homself as die “klein Mandela” verwys het.