DA bly dieselfde

Alhoewel die herkose DA-leier, Mmusi Maimane, verklaar het dat die DA se afgelope kongres die beste ooit was, verskil politieke ontleders met hom daaroor, en is daar voorspellings dat die DA selfs swakker kan vaar in volgende jaar se algemene verkiesing.

Bepaalde grondwetswysigings vir die party is ook verwerp. Maimane wou meer mag hê en wou die leierskap verkies laat kry vir vyf jaar. Die voorstel is verwerp deur die kongres, asook ‘n voorstel dat daar ‘n adjunkleier aangewys moet word. ‘n Voorstel om die dagbestuur van vyf na drie te verminder, is ook deur die kongres verwerp.

Die verwerping van die voorgestelde wysigings, dui daarop dat daar verdeeldheid is in die DA.

Die dikwels omstrede politieke ontleder, dr. Piet Croucamp, sê dat daar feitlik geen ideologiese verskille is tussen Maimane en Cyril Ramaphosa is nie, en hy voorsien dat die twee partye makliker in die toekoms kan saamwerk in bepaalde koalisies.