Caster alweer in omstredenheid

Die voorheen omstrede langafstand atleet, Caster Semenya, se toekoms is weer in onsekerheid gedompel nadat die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies nuwe reëls ten opsigte vir testosteroonvlakke van vroulike atlete in sekere baanitems gaan aankondig.

Daar word verwag dat vroue-atlete weer hul testosteroonvlakke, soos tussen 2011 en 2015, met medikasie sal moet beheer. Die atletiekbeheerliggaam meen dat vroue met hiperandrogenisme, wat bo-normale testosteroonvlakke het, ‘n onregverdige voordeel het wanneer hulle deelneem.

Semenya was voorheen in omstredenheid gedompel toe dit onseker was of sy werklik ‘n vrou is en dat daar ‘n moontlikheid was dat sy in werklikheid ‘n man of selfs tweeslagtig sou gewees het. Talle mense wonder steeds daaroor, veral as Semenya praat en dit kompleet soos ‘n man klink.

Foto: Caster Semenya en haar vrou