Brandstigter gevang

‘n Man is in Kaapstad gearresteer na hy vermoedelik vier brande gestig het op Tafelberg. Petrol en ander materiaal om brande mee te stig is by hom gevind.

Dit bevestig maar net dat die talle brande wat so “spontaan” ontstaan, die werk is van misdadige elemente in die samelewing.

Die vier brande is deur brandspanne onder beheer gebring met die gepaardgaande koste en watervermorsing.