Boeing kry reuse bestelling

Boeing het die bestelling gekry waarop Airbus gehoop het om te kry toe die Amerikaanse regering aangekondig het dat hy 47 nuwe Boeing 787 Dreamliner bestel het.

Die Europese mededinger het gehoop dat sy Airbus A350 en A330 die knoop sou deurhaak, maar die Amerikaners het later erken dat dit ’n moeilike keuse was waarop besluit moes word.

Airbus het enkele weke gelede ook ses A330 vliegtuie se bestelling verloor wat deur Hawai Lugdiens gekanselleer is en later by Boeing ses Dreamliner 787 vliegtuie bestel het.

Boeing het ook ’n bestelling ontvang om 40 Boeing 737 vliegtuie te lewer teen die einde van 2022 wat die VSA hoofsaaklik vir binnelandse vlugte sal gebruik.

Foto – Boeing 787