Bewysstuk afgebrand

In Naboomspruit is ‘n vermoedelike bewysstuk vermoedelik kwaadwillig aan die brand gesteek in ‘n poging om getuienis te vernietig.

Dié bewysstuk is die plaaslike lisensiekantoor. Rekenaars het in die slag gebly nadat die een gedeelte van die dak inmekaar getuimel het.

Die kantoor is onlangs deur die Departement van Vervoer se teenkorrupsie-eenheid gesluit weens beweerde bedrog en korrupsie.

Die vermoede bestaan dat mense wat by die ondersoek betrek word, moontlik bewyse wou vernietig en daarom die gebou aan die brand gesteek het.