Bavaria gebruik Kruis as wapen

Die deelstaat Bavaria se regering het besluit om ’n kruis aan te bring by elke regeringsgebou om die simbool van ’n Christelike identiteit te bevestig.

Die inligting is deur die minister-president,  Markus Söder, bekend gemaak en gesê die kruise sal teen Juliemaand sigbaar wees by alle regeringsgeboue in die deelstaat.

Die minister van binnelandse sake in Bavaria, Joachim Herrmann, sê die kruis mag egter nie in plekke soos skole se klaskamers of ander openbare vertrekke aangebring word nie

Verskeie meningsvormers het die nuwe wetgewing beskou as ’n sterk boodskap dat Duitsland ’n Christelike staat is, en kan die bedoeling hê om ander gelowe teen te staan en sulke mense onwelkom te laat voel.