Apple maatskappy swaar beboet

Miljarde euro sal waarskynlik terugbetaal moet word deur die Apple maatskappy aan die regering van Ierland vir belastings wat oor ’n tydperk van tien jaar ontduik is.

Klaarblyklik het Apple sekere belastings as kortings teruggehou wat nou terugbetaal moet word in die koffer van die Ierland owerheid.

Alhoewel die Europese Unie beveel het dat Apple die terugbetaling moet doen, verkeer die Ierse regering en die maatskappy steeds in ’n woordestryd oor die aangeleentheid.

Gesprekke tussen hoofde van Apple ’n die Ierse minister van finansies, Paschal Donohoe, duur voort, en ingeligte bronne sê die twee partye sal eersdaags bymekaar kom om ’n finale ooreenkoms te onderteken vir die terugbetaling van sowat  €13 miljard.

Waarnemers meen Apple sal beding om die bedrag in paaiemente terug te betaal oor ’n bepaalde termyn.