ANC-lede dra openlik wapens

‘n Streeksvergadering van die ANC in Howick Natal het in chaos geëindig.

Die vergadering was belê om streeksverteenwoordigers in te lig oor komende verkiesingskonferensies nadat die provinsiale uitvoerende komitee ontbind is deur die Pietermaritzburg hooggeregshof. Lyfwagte en beskermers van sekere ANC leiers het openlik met handwapens rondgeloop nadat die vergadering ontbind is. Strydende partye tussen Nkosazana-Dlamini Zuma en Ramaphosa, sowel as die wat nog steeds steun toesê aan Jacob Zuma, is maande al in onderlinge geskille betrokke rondom  die nietigverklaring van die verkiesing van die provinsiale uitvoerende komitee.