AfD leier dagvaar Facebook

Die Internet reus, Facebook, staar ’n hofgeding in die gesig nadat ’n nasionalistiese parlementslid en leiersfiguur van die politieke party, Alternatief vir Duitsland (AfD), besluit het om ’n saak aanhangig te maak oor moontlik haatspraak wat nie uitgewis is op die Internet nie.

’n Woordvoerder van die hof in Hamburg, Duitsland, het bevestig dat ’n dame, Alice Weidel, en haar regsverteenwoordiger ’n klag ingedien het oor opmerkings wat onaanvaarbaar is.

Facebook het nagelaat om die gewraakte opmerkings te skrap, en strek tot nadeel van die klaer wat soos duisend ander mense, ontevrede is met die beheermaatreëls van die instelling.

AfD is die grootste opposisieparty in die land, en het sodanig gegroei dat kanselier Merkel nie ’n volstrekte meerderheid kon behaal in verlede jaar se verkiesing nie, en gedwing is om met haar grootste politieke opponent en jarelange vyand, die Sosialiste, ’n koalisie te vorm wat tans regeer.

Foto – Alice Weidel