85 trekkers later geen oes

Die afgedankte president van Suid-Afrika het in sy wysheid in 2010 85 trekkers oorhandig om swart opkomende boere in Natal en Oos-Transvaal te help.

Die projek genaamd Emasamini, wat beteken “terug na die land”, sou kleinskaal boere op die grond vestig.

In Oos-Transvaal is daar slegs 6 van die 32 trekkers wat nog in lopende toestand is, terwyl die trekkerbestuurders begin staak het weens nie-betaling van salarisse.

In Natal het 30 “boere’ nie sonneblom aangeplant nie weens die tekort aan brandstof of weens stukkende trekkers.

Die African Farmers’ Association of SA (Afasa) meld dat 185 000 hektaar grond wat eens produktief benut was nou “wag” terwyl vir die regerings projek om aan die gang te kom.

Intussen verval Landbou kolleges en word “boere” nie opgelei nie.

Foto: Ter illustrasie