Zuma vereer

Jacob Zuma wat die onbenydenswaardige posisie beklee as die mees korrupte president wat Suid-Afrika nog gesien het, gaan vereer word vir sy houding rondom radikale ekonomiese transformasie(RET).

Die Nasionale Begrafnis Ondernemers Vereniging van SA (Nafupa-SA) wil hulle waardering toon vir Zuma se werk rondom RET.

Die Delangokubona sakeforum  wil sy “dapper” standpunt rondom grondonteiening sonder vergoeding beloon deur ‘n toekenning.

Waarnemers glo daar is iewers ‘n slang in die doodskis as begrafnis mense al begin toekennings uitdeel…