Zuma moet help stemme werf

Vir diegene wat gehoop het dat die ANC ‘n nuwe rigting gaan inslaan was die grondgryp  besluit die eerste skok.

Hierop volg die verklaring dat Jacob Zuma nader geroep is om saam met Mbeki en Motlanthe te begin met die verkiesingsveldtog vir 2019.

Politieke kommentators vra nou hoe word ‘n korrupte president wat “herroep” is, slegs dae na hy uitgeskop is nader getrek word om te help met stemwerwing?

Dit dui op ‘n siek party wat ter wille van oorlewing enigeen in die party sal intrek en gebruik ter wille van politieke oorlewing, word gesê.