ZCC besoek deur ANC ringkoppe

Vir die eerste keer het die Zion Christian Church (ZCC) ‘n aansoek van die ANC leierskorps om die kerk te besoek aanvaar.

Die kerk, geleë te Moria buite Pietersburg, het bykans 4 miljoen kerkgangers en die jaarlikse Paassaamtrek lok duisende kerkgangers na die kerk.

Die besoek deur Ramaphosa  en ander ANC lede is deel van die party se stemwerwery vir die 2019 verkiesing.  Volgens Ramaphosa is die “seën” van die ZCC, en spesifiek van biskop Lekganyane, die beste ding wat kon gebeur het vir die ANC en die land.

Vir politieke ontleders, sowel as kerkleiers, gaan sodanige blatante uitbuitery van kerke hulle verstand te bowe, maar hulle sê dit toon ook die paniek binne die ANC vir komende verkiesings.