Weste tree skerp op ten Rusland

Westerse lande het eendragtig opgetree teen Rusland wat daarvan beskuldig word dat hy chemiese wapens gebruik het om ’n voormalige spioen en sy dogter te vermoor wat in Londen gewoon het.

Die Verenigde State van Amerika het in solidariteit met die Britse regering, 60 diplomate van Rusland beveel om die land te verlaat wat in Seattle gevestig is.

Met die drastiese stap het president Trump ook die monde gesnoer wat hom daarvan beskuldig het dat hy vriende is met Rusland.

Die voorsitter van die Europese Raad, Donald Tusk het bekendgemaak dat 14 EU lidlande ook diplomate terugstuur na Rusland uit solidariteit met Brittanje.

Met die ter perse gaan van die inligting was daar sowat 28 diplomate uit verskillende lande wat teruggestuur word om hulle afkeer te betuig aan die optrede van Rusland.

Intussen het Rusland gesê die optrede is vreemd aangesien hy onskuldig is en nie by die moorde betrokke is nie.

Kenners wys daarop dat die verwydering tussen Rusland en die VSA, asook ander Westerse lande die spanning verder sal verhoog in die Verenigde Nasies en kan lei tot ’n tweede Koue Oorlog.

Vroeër het Brittanje 23 Russiese diplomate teruggestuur, en Rusland het in reaksie daarop ook 23 Britte aangesê om huiswaarts te keer.