Wêreld Nuusflitse – 7 Maart

Korea

Die wêreld bly gespanne terwyl ’n afvaardiging van Suid-Korea hartlike ontvangs ervaar in die kommunistiese Noord-Korea waar hulle ’n vyfster onthaal saam met Kim Jong-un geniet het.

 

VSA

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake sal eersdaags ’n uitgebreide reis onderneem regoor die Afrika kontinent, nadat verskeie lande om humanitêre hulp gevra het.

 

Malta

Die klein eiland Malta is die tweede lidland van die Europese Unie wat besluit het om die stemreg van 18 jaar te verander na 16 jaar, en die land se eerste minister het gesê die eiland maak geskiedenis met die nuwe stap.

 

Afrika

Verskeie lande in Afrika het die invoer van vleis uit Suid-Afrika opgeskort nadat dit bekend geword het dat verwerkte vleis verantwoordelik is vir die dood van mense weens die besmetting met listeriose.