Wêreld Nuusflitse – 6 Maart

Italië

In die Italiaanse stad Milaan begin die grootste omkoop-hofsaak waarin Shell en Eni aangekla en beskuldig is dat hulle betrokke is by ’n reuse omkoop skandaal waarby sowat 9 miljard vate olie betrokke is.

 

Guatemala

Die regering van Guatemala het besluit om die VSA se voorbeeld te volg en hulle ambassade in Israel na Jerusalem te verskuif om daarmee ook te erken dat die stad die hoofstad van Israel is.

 

Duitsland

Die Duitse gesaghebbendes het ’n voorstel ingehandig dat die woorde “Vaderland” en “Broederlik” vervang moet word met meer aanvaarbare terminologie om die besware van feministe aan te spreek.