Wêreld Nuusflitse – 16 Maart

Amerika

’n Amerikaanse F-18 vegvliegtuig het neergestort in die deelstaat Florida en albei die insittende vlieëniers het omgekom.

 

Senegal

Veertien insittendes is ernstig beseer en ses mense gedood toe ’n helikopter in Senegal neergestort het, maar ondersoekers probeer nog vasstel wat die ongeluk veroorsaak het.

 

VSA

Meer as 3 000 skole in die Verenigde State se kinders is in verset en eis groter veiligheidsmaatreëls by skole nadat ’n skieter 14 leerlinge en drie onderwysers gedood het in Florida.