Wegbly aksies by parlement

Die jongste geval waar ‘n minister eenvoudig weggebly het van ‘n parlementêre portefeulje komitee vergadering, is Dudu Myeni, wat Woensdag voor die komitee moes verskyn. Sy moes getuienis aflê oor beweerde korrupsie en skandale by Eskom en haar rol daarin.

Myeni, een van Zuma se beskermlinge, het laat weet dat haar prokureur nie beskikbaar en voorbereid was om saam met haar te verskyn voor die komitee nie. Sy het die komitee daarvan verwittig deur ‘n kort boodskap op die selfoon (sms).

Daar moet nou ‘n nuwe datum bepaal word waarop sy moet verskyn.

Waarnemers glo sy maak gebruik van vertragingstaktiek en dan word haar rol in SAL se gemors nog nie aangespreek nie.