Vyftien gearresteer in Howick

Vyftien persone, insluitend vier lisensie inspekteurs, is in Howick gearresteer in ‘n ondersoek na uitreiking van vals bestuurderslisensies.

Buiten die vier inspekteurs is ‘n klerk, ‘n skoonmaker en nege leerlinge applikante gearresteer.

Hul sal Donderdag in die hof in Durban verskyn.