VSA meen Taliban kan oorwin word

Die Amerikaanse minister van verdediging, Jim Mattis, het gesê ’n oorwinning is moontlik in Afghanistan wat nou reeds ’n jarelange stryd voer teen die Taliban terroristegroep.

Minister Mattis se verrassingsbesoek aan Kaboel, die hoofstad van Afghanistan, gaan gepaard met ’n ooreenkoms wat tussen die twee lande van krag is, en verband hou met hulp aan die regering in sy stryd teen die terroristebeweging.

Mattis het glo besoek gebring aan die Amerikaanse basis in die land en sou oorweging gee aan moontlike versoening t bewerkstellig tussen die rebellemagte en die Afgaanse owerheid.

Woordvoerders van die VSA sê die minister se besoek aan Afghanistan is onaangekondig om veiligheidsredes.

Minister Mattis sê daar is ’n groep van die Taliban wat bereid is om oor vrede te praat, en daardie groep sal ook mettertyd besoek word.

Foto – Minister Jim Mattis