VSA keur begroting goed

Parlementslede in Washington het goedkeuring gegee vir die voorgestelde begroting wat ondermeer ook insluit dat die grensmuur tussen die VSA en Meksiko opgerig kan word soos wat president Trump aan die kiesers belowe het.

Die voorstelle bevat ook ’n drastiese styging in die begroting van die weermag, maar voorstelle vir omgewingsake se verhoging is van die hand gewys.

Die Amerikaanse Kongres het goedkeuring gegee vir die uitgawes van sowat $1,3 triljoen vir die huidige boekjaar, tot en met Septembermaand.

Met die goedkeuring het die Republikeine en Demokrate gekeer dat daar weer ’n “stilstand” aangekondig word omdat die begroting nie goedgekeur is nie.

Die begroting maak ook voorsiening vir groter bedrae beskikbaar om nuwe skepe vir die CSA vloot aan te skaf, asook meer geld vir die FBI en Nasa is beskikbaar gestel.