Vrystaat Landbou vra grensbeheer

Vrystaat Landbou (VL) het ‘n beroep gedoen op die regering om strenger grensbeheer toe te pas. Dit na nog ‘n plaasaanval in die provinsie.

Mnr. Dirk Steenkamp van Palmietfontein is onlangs vermoor en nou is ‘n swart plaasbestuurder buite Ladybrand gedood.

Tommie Esterhuyse visepresident van VL verklaar dat die regering nie die nodige maatreëls in plek het om landbougemeenskappe naby die grens van Lesotho te beskerm nie.

Dit is egter nie net grensboere wat geteiken word nie maar die landbougemeenskap in geheel.