Vergeet die grond – eerder huise

Die ANC se sekretaris-generaal en uittredende Vrystaatse premier, Ace Magashule, is uitgevang waar hy by ‘n behuisingsprojek gesorg het dat die maatskappy wat die kontrak aan toegeken is, gedeeltelik deur sy dogter besit word.  Die kontrak is ‘n skamele R150 miljoen werd.

‘n Ondersoek na die projek toon dat Magashule en senior amptenare van die provinsie die aanvanklike kontrakteur uitgeskop het en die kontrak aan Unital Holdings(UH) toegeken het.  UH het die kontrak gekry sonder ‘n tenderproses en is reeds sowat R70 miljoen betaal vir die werk.

Nuwe eienaars kla dat daar nie water, elektrisiteit en werkende toilette in die huise is nie.

Unital Holdings is glo ‘n Sjinese maatskappy met die aandeelhouers Jianliang Li en Thoko Malembe (Ace se dogter). Li het intussen verdwyn.

Ace se kantoor ontken enige betrokkenheid maar dokumente van raadsvergaderings van Bethlehem dui anders aan.

Die uitgeskopte kontrakteur Emendo is nou in ‘n hofgeding teen die Bethlehem raad  besig.

Foto: Ace Magashule