Verbruikers gaan brul

Die aankondiging van die Reserwebank dat die repokoers met 0,25% verlaag word, is maar ‘n baie dun suikerlagie oor ander skokke wat verbruikers gaan tref en hulle lewenstandaard negatief gaan raak.

Net na die Paasnaweek gaan brandstofpryse drasties styg, as gevolg van die regering se bykomende 62 sent heffing, en die olieprys wat ook weer skerp gestyg het. Daarteenoor het die rand gemiddeld swak gebly, en kon geen teenvoeter wees nie.  Beide petrol en diesel gaan in die omgewing van 70 sent per liter styg eerskomende Woensdag.

Daarbenewens tree die verhoogde BTW vanaf Sondag in werking.

Veral pensioenarisse wat moet leef van opbrengs van beleggings, word swaar getref aangesien daar vir hulle geen goeie nuus is nie.