Twee kommuniste leiers koukus geheimsinnig

Die politieke diktator van Noord-Korea en sy suster het ’n geheimsinnige besoek afgelê by die Sjinese president, en het sonder enige vooraf kennisgewing, Dinsdagmiddag per trein na Beijing gereis.

Beide kommunistiese lande se staatsmedia het bevestig dat Kim Jong-Un ’n ontmoeting met die Sjinese president, Xi Jinping, het en gesprek gevoer het oor verskeie aangeleenthede waarvan die ontmoeting met die Amerikaanse president bo aan die sakelys was.

Die onverwagse besoek van Kim Jong-Un word beskou as ’n deurbraak vir beide lande om die stram verhouding te herstel wat ontstaan het met die kernprogram van Noord-Korea.

Na verwagting sal die twee leiers tot Sondag bymekaar wees waarna Kim weer per trein sy terugtog na die skiereiland sal aanpak.

Politieke ontleders meen Kim Jong-Un het gaan kers opsteek oor die benadering wat gevolg moet word in sy gesprek met president Donald Trump van Amerika wanneer hulle in Swede vergader.

In ’n media onderhoud het Kim glo erken dat spanning tussen hom en Suid-Korea verlig is en dat hy hoop om die spanning met die VSA ook verlig sal word.