Turkse weermag omsingel Siriese stad

Die Turkse weermag het met nuwe aanslae begin om die Koerdiese inwoners in die Afrin gebied van Sirië te verwyder en het die stad omsingel waar sowat 300 000 burgerlikes woon.

President Recep Tayyip Erdogan van Turkye het opdrag gegee dat die aanslag ook verder uitgebrei word na ander dele van die buurland.

Turkse troepe het ’n alliansie gevorm met die Siriese rebelle in die gebied met die doel om die Koerdiese bevolking te verdryf.

Die stryd teen die Koerde duur reeds weke, en die magtelose burgerlikes het hulp en beskerming gevra van Amerika en die Siriese regering van president Assad.

Intussen het Turkye in ’n bondige verklaring gesê sy magte het reeds besit geneem van sekere strategiese plekke

Teenstrydige berigte bereik die media, wat akkurate weergawes van gebeure bemoeilik, maar dit is duidelik dat die VSA nie belangstel om hulp te verleen aan die Koerde nie.