Turkse lugaanvalle dood talle burgerlikes

Sowat 40 mense is in die jongste lugaanvalle deur Turkse vegvliegtuie gedood in die noorde van Sirië wat deur die Koerde bewoon word.

Die Koerdiese leiers in Afrin het hulp en beskerming gesoek by die Siriese regering nadat die Amerikaanse regering nie gereageer het op die hulpkreet nie.

Die Turkse vegvliegtuie het aanvalle uitgevoer op die pro-regeringsmagte van die Koerde wat deur die Turkse regering as terroriste bestempel word.

Russiese vegvliegtuie het ook aanvalle uitgevoer en is later deur die Amerikaanse regering daarvan beskuldig dat hulle tientalle burgerlikes gedood het .

Die VSA-basis van die Siriese Demokratiese Magte wat deur die Koerde gelei word en ’n lang stryd teen die Islamitiese Staat terroriste gevoer het, sê die Russiese en Turkse aanvalle is uitgevoer en baie burgerlikes gedood.

Verlede maand het die Siriese weermag van president Bashar Assad die Afrin gebied binne gegaan en pogings aangewend om die Koerde te beskerm, maar het enkele dae later teruggetrek uit die gebied.

Turkye beweer die Koerde in Afrin is ’n verlengstuk van die Koerdiese Werkers Party wat as terroriste beweging verklaar is wat vroeër verskeie aanvalle in Turkye uitgevoer het.

Politieke ontleders sê die ingewikkelde samestelling van groepe in Sirië maak dit bykans onmoontlik om te begryp wie “vriend en wie vyand” is.