Trump wys nuwe veiligheidsadviseur aan

Die Amerikaanse president, Donald Trump, wat daarvoor bekend is dat hy mense aanstel en hulle net so maklik wees afdank, het die uiters konserwatiewe John Bolton aangestel as veiligheidsadviseur.

Bolton, ’n voormalige VN-ambassadeur vervang generaal H.R. McMaster as veiligheidsadviseur wat vir etlike jare uitstaande diens gelewer het sedert 2003 oor toestande in Irak.

Waarnemers meen dit gaan nie baie lank duur voordat president Trump die nuwe adviseur ook met ’n skoen verjaag nie.

Trump het reeds talle van sy aangestelde ministers en adviseurs die deur gewys, en met die vervanging van die minister van buitelandse sake, Rex Tillerson het hy waarskynlik sy sterkste kabinetslid die trekpas gegee.

Net soos met Tillerson, het Trump ook gedurig gebots met die veiligheidsadviseur, wat uiteindelik gelei het tot sy afdanking.

Foto – John Bolton