Trump verkiesingspan onskuldig

Die Amerikaanse Intelligensie Komitee van die Republikeine het sy ondersoek na moontlike verbinding tussen die Trump verkiesingspan en die Russe se inmenging afgehandel en die Trump-span onskuldig bevind.

In die komitee se verslag word gesê die kontak wat daar was met Russe, het geen verband met die inmenging van Rusland in die verkiesing van 2016 nie.

Die Republikeine het in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers aangekondig dat die ondersoek na Russiese inmenging in die presidentsverkiesing van 2016 afgehandel is en dat tot die bevind is dat geen skakeling tussen president Trump se verkiesingspan en Rusland plaasgevind het nie.

Die leier van die Republikeine in die Huis se Intelligensie Komitee, Mike Conway van Texas, het gesê sy paneel het talle getuienisse aangehoor in die ondersoek wat bykans ’n jaar lank geduur het, en kon geen verband met die verkiesingspan en Rusland vind nie.

Met die ondersoek se bevinding word die geskree en valse bewerings van die linkses, en die propaganda van die linkse CNN nuusdiens finaal nek omgedraai.

Foto – President Donald Trump