Trump skoonseun word gepenaliseer

Die skoonseun van president Donald Trump, wat ook diens gedoen het as senior raadgewer, mag voortaan geen hoogs geheime inligting onder oë kry nie.

Jared Kushner se voorreg om as adviseur toegang te kry tot alle hoogs vertroulike inligting, is teruggetrek dur die Wit Huis se stafhoof, John Kelly.

Die vraag op almal se lippe is of Jared Kushner nog enige werk in die Wit Huis na wense gedoen sal kry as hy nie die vertroulike inligting tot sy beskikking het nie.

Vroeër heet Kushner die president van advies bedien oor die Israelse konflik met die Palestyne, wat ook gelei het tot die Amerikaanse besluit om Jerusalem te erken as Israel se hoofstad en dat die Amerikaanse ambassade binnekort daarheen sal verskuif.

Jared Kushner word nou sodanig beperk dat hy nie vooraf inligting kan bekom oor die president se daaglikse media inligtingsessie nie.

Kushner se regsverteenwoordiger sê hy glo die probleem sal gou opgelos word omdat die president nie die advies sal kry wat hy nodig het nie.

Foto – President Trump en Jared Kushner