Trump laat nog koppe rol

President Donald Trump van Amerika het nog ’n senior lid van die FBI afgedank, en doen dit twee dae voor die man sou aftree met pensioen.

Andrew McCabe is blykbaar ook beskou as ’n doring in die vlees, en die voormalige vise direkteur van die FBI moes hoor dat hy afgedank is terwyl hy aansoek gedoen het om twee dae later af te tree met pensioen.

Na die ontslag van die vorige FBI direkteur, James Comely, het Andrew McCabe tydelik waargeneem as direkteur tot ’n nuwe direkteur aangewys is.

Hy het 21 jaar ononderbroke dien gedoen as ’n lid van di FBI, maar is Saterdag deur die minister van justisie, Jeff Sessions, verwittig van die Wit Huis se besluit.

Hy word daarvan beskuldig dat hy ’n geheime band het met ’n verslaggewer aan wie hy vertroulike inligting lewer, wat waarskynlik die hoofrede is waarom hy afgedank is.

In ’n verklaring het minister Sessions gesê ’n uitgebreide ondersoek na die optrede van McCabe het gelei tot sy afdanking.

Foto – Andrew McCabe