Trump kap sy regterhand af

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het sy mees senior minister en een van die VSA se beste diplomate, Rex Tillerson, afgedank.

Trump het in ’n media onderhoud gesê hy en minister Tillerson het ’n verskil van mening gehad, en dit het gelei tot die afdanking.

Die media in Amerika het reeds etlike maande gelde gegis oor die moontlikheid dat minister Tillerson afgedank gaan word.

Klaarblyklik het Tillerson op die sosiale netwerk Twitter verneem dat hy afgedank is, en dat dit onmiddellik van krag is aangesien die president reeds ’n nuwe aanstelling bekendgemaak het.

Tillerson is die voormalige hoofuitvoerende beampte van ’n reuse oliemaatskappy, en het hom onderskei as ’n uitmuntende onderhandelaar, wat hom die beste kandidaat gemaak het vir die amp as minister van buitelandse sake.

Die CIA direkteur, Mike Pompeo, is aangewys as die nuwe diplomaat in Tillerson se plek, en die adjunk direkteur van die CIA, Gina Haspel, word die eerste vroulike hoof van die CIA.

Foto – Mike Pompeo