Treindienste gestaak

Metrospoor het dienste tussen Koedoespoort en Pienaarspoort gekanselleer weens aanvalle op werknemers en dade van vandalisme.  Ses nuwe treine is beskadig.

Selfs die land se leiersverandering maak ooglopend geen verskil aan die voortdurende  vandalisme en geweld, terwyl veiligheidskenners verstom is oor die feit dat daar skynbaar geen arrestasies gemaak word om die belhamels en misdadigers uit te haal en te vervolg. Die indruk is dat hulle kan wegkom met hierdie barbaarse optrede.