Top polisiebeamptes verbind met verdagte

Bewerings word gemaak dat die nasionale polisiekommissaris, Khehla Sithole, en drie top polisie offisiere, ‘n vergadering bygewoon het met ‘n polisie verskaffer wat ondersoek word vir bedrog en tender korrupsie.

Die vergadering met Inbanathan Kistah, direkteur van I-view Integrated Solutions, het op 13 Desember 2017 by die Courtyard Hotel in Pretoria plaasgevind.  Dit was enkele dae voor die ANC konferensie en die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat het in Februarie 2018 die vermoede uitgespreek dat die vergadering deel was van ‘n poging om geld op ‘n bedrieglike wyse te bekom uit Misdaad Intelligensie se rekening.  Die geld sou gebruik word om stemme te koop by die ANC konferensie.

Die nasionale polisiekommissaris, die nasionale adjunkkommissaris, Ntombenhje Vuma, die nasionale adjunkkommissaris, Lebeoana Tsumane, die waarnemende misdaadintelligensie streekkommissaris, Bhoyi Ngcobo, en die vorige polisie adviseur, B Mbindwane, was die “afgevaardigdes” wat met Kistah vergader het.

R45 miljoen is betaal aan I-View.

Polisie woordvoerder Vishnu Naidoo het enige vrae rondom die doel van die vergadering ontduik.  Die vraag vir daar stemme gekoop is, is steeds onbeantwoord.

Foto: Genl. Khehla Sithole