Tegnologiese deurbraak vir e-motors

Eersdaags sal motoriste hulle elektriese motorvoertuig vinniger kan herlaai as wat die tenk van ’n binnebrand motor gevul kan word.

Asof dit nie genoeg is nie, sal ’n selfoon en ’n skootrekenaar ook binne minute herlaai wees, wat dit vir miljoene mense veel makliker sal maak.

Wat dit ook wonderlik aanvaarbaar maak, is dat die nuwe tegnologie nie duur is nie en sal mense, welgesteld en nie welgesteldes,  binnekort van die nuwe tegnologie gebruik maak.

Tot hede het mense gemurmureer oor die lang wagtyd om ’n e-motor te herlaai wanneer lang afstand ritte aangepak moet word, maar met die nuwe metode van herlaai, is daardie klagte iets van die verlede.

Vroeër het dit tot agt uur geneem om ’n motor te herlaai, en ’n slimfoon het dikwels tot ses uur lank gestaan, en gewoonlik oornag, om weer volle krag te hê.

By die Britse Universiteit van Bristol het deskundiges ’n oplossing gekry wat veelbelowend is deur ’n “produktiewe-eenheid” te ontwerp wat beskou word as ’n sogenaamde super “kondenseerder” wat die herlaai proses verhaas.

Alhoewel sekere toetse nog gedoen word, lyk dit of die toestel gebruik kan word om enige e-voertuig, slimfoon of ander toestel

Die wetenskaplikes het ook die stoor van elektrisiteit verander sodat ’n e-motor enige tyd dieselfde afstand sal aflê as ’n brandstof model motor.